Rus in Vrede, terwyl jy lewe
Rus in Vrede, terwyl jy lewe
30
Sek
Reaksie
Tyd
- Kry 'n ervare skuldberadingskonsultant wat jou deur jou hele reis sal vergesel om skuldvry te word.
- Ons hele skuldberadingsspan sal tot jou beskikking wees en sal die ekstra myl loop want ons dra jou belange op die hart.
- Met ons uitstekende rekord, verlaat 98% van ons kliënte die proses skuldvry en tevrede.
- Ons beskerm jou teen regstappe en jou bates teen beslagneming deur kredietverskaffers.
- Verminder jou maandelikse paaiemente drasties en verlaag jou rentekoerse met tot 100%.
- Gratis vertroulike, verpligtingvrye skuld assessering deur ons hoogs ervare skuldberadingskonsultante.
ONS SKULDHERSIENINGSPROSES – DRIE STAPPE TOT 'N SKULDVRYE LEWE!
Voltooi die gratis "Terugbelversoekvorm"- en een van ons vriendelike, gekwalifiseerde konsultante sal jou kontak om 'n verpligtingvrye skuld assessering te doen.
Ons sal al jou kredietverskaffers, kredietburo's en die NCR kontak. Jy sal dadelik vermiderede maandelise paaiemente betaal volgens jou bekostigbaarheid. Jy is ook beskerm teen enige regstappe.
Ons werk saam met jou elke tree op jou reis na 'n skuldvrye lewe, en jy het ons hele skuldberadingspan tot jou beskikking!
Getuigskrifte
I would like to say to the team that I almost killed myself because of debts as the banks turned their backs on me. The moment I started debt review, I had a reason to fight to pay off all my debt. From now on, to me you are the debts doctor and a king of them all.
Vhangani Phistos MakhadoI would like to thank everyone from your team who helped me to become a person I am today with my financial life, especially Chris for helping from day one when I was really feeling weak. Thanks again for your time and help.
Gabisilele ZunguThe level of service I have received has been outstanding over the past few weeks. Thank you for assisting me with this process and allowing me to gain control over my finances. It is a great feeling to now be debt free and to remain so going forward.
Venessa VisserV&A
As jy oorbelas is en agter raak met jou skuldterugbetalings, kan skuldberadingsdienste jou bastes beskerm. Skuldberading vorm deel van die Nasionale Kredietwet. Kredietverskaffers kan nie regstappe teen jou vat as jy onder skuldberading gaan nie. Ons konsolideer ook al jou skuld terugbetalings in een maandelikse betaling, wat volgens jou omstandighede bekostigbaar is en jou rentekoerse verlaag. Dit beteken dat jy, afgesien van die beskerming van jou bates, ook op ’n maandelikse basis minder vir jou skuld sal betaal.
Jy sal nie vir ‘n konsolidasielening by enige finansiëlediensteverskaffer kwalifiseer as jy oorbelas is nie. As jou huidige skuldstatus is dat jy oorbelas is, het jy nie die opsie van ‘n konsolidasielening nie. Die enigste realistiese en bekostigbare manier om te verhoed dat jy jou bates verloor, is om skuldberadingsdienste by ons te soek. Een van die beste skuldberadingsmaatskappye in Suid-Afrika. Ons skuldberadingsproses kan jou onmiddellike batebeskerming bied ingevolge die Nasionale Kredietwet en jou op koers stel van herstel van skuldprobleme deur jou skuld te hersien en dit in een bekostigbare maandelikse terugbetaling te konsolideer, jou maandelikse skuldterugbetalings en rente te verminder en om jou kredietrekord te herstel nadat jy jou herstruktureerde skuldverpligtinge nagekom het.
Sukkel jy om jou skuld terug te betaal? Het jy agter geraak met jou skuldterugbetalings, of loop jy die risiko om in die onmiddellike toekoms agter te raak? Dit is tekens dat jy na alle waarskynlikheid oorbelas is. Hoe gouer jy vir skuldberading aansoek doen, hoe beter. Sodra ‘n kredietverskaffer met regstappe begin, is daar ‘n risiko dat die betrokke skuld nie by jou skuldherstruktureringsplan ingesluit kan word nie. Hoekom stres en nog meer slaap verloor? Voltooi ‘n Terugbelversoekvorm sodat ons vandag nog begin met jou gratis skuldberading assesering!
Ons het baie ondervinding met die hantering van kredietverskaffers, en ons skuldberadingskonsultante onderhandel daagliks herstruktureringsvoorleggings met al die groot kredietverskaffers. Jou skuldberadingskonsultant sal ’n herstruktureerde skuldplan voorstel wat vir jou bekostigbaar en aanvaarbaar is op grond van jou finansiële posisie. Ons sal dan jou voorgestelde skuldberadingsplan na ons genomineerde prokureurs verwys, wat ’n hofbevel in ’n landdroshof sal verkry om jou herstruktureringskuldplan op jou kredietverskaffers af te dwing. Hierdie hofbevel word verkry volgens die Nasionale Kredietwet en beskerm jou bates terwyl jy besig is om skuldhulpdienste te soek.
Nee, jy hoef nooit enige hofverrigtinge by te woon terwyl jy skuldberadingsdienste ontvang nie. Ons genomineerde prokureurs sal die hofbevel vir jou bekom en die regskoste met betrekking tot die hofbevel is ingesluit by jou verminderde maandelikse skuldterugbetalingsbedrag.
Jy benodig ‘n maandelikse inkomste sodat ons ‘n verminderde skuldterugbetalingsplan aan jou kredietverskaffers kan voorlê. Daarom sal jy nie vir skuldberadingsdienste kwalifiseer as jy tans werkloos is nie. Ons stel voor dat jy ‘n nuwe werk kry en ons dan kontak vir bystand met jou skuld as jy nog steeds oorbelas is.
As jy besluit om aansoek te doen vir skuldberading, sal ons al jou kredietverskaffers kontak om hulle in te lig oor jou skuldberadingstatus. As enige van jou kredietverskaffers of selfs hul skuldinvorderaars jou kontak, kan jy hulle bloot na jou konsultant verwys. Hulle mag nie dreig om enige eise teen jou in te stel nie. Ons sal alle kontak met jou kredietverskaffers hanteer vir die hele tyd wat jy van ons skuldberadingsdienste gebruik maak.
Skuldhersieningsmaatskappye vereis dat jy ’n gesamentlike skuldberadingsaansoek saam met jou gade indien as jy binne gemeenskap van goedere getroud is. Ons kan nie ‘n enkel aansoek indien as jy binne gemeenskap van goedere getroud is nie. Albei van julle sal die skuldberadingsproses moet betree.
Die mate waarin ons jou maandelikse skuldterugbetalingsbedrae kan verminder, hang af van jou tipe skuld. Niemand kan die rentekoerse op verbandlenings en voertuigfinansiering to so mate verlaag dat dit ‘n 60%-vermindering in die skuldterugbetalingsbedrag tot gevolg sal hê nie. Op ongesekureerde lenings is dit egter moontlik. As jou skuld net uit ongesekureerde lenings bestaan, kan ons dieselfde vir jou doen. As jy egter ook ’n verband- of voertuigfinansiering het, sal niemand jou skuldterugbetalings met meer as 60% kan verminder nie. Moenie enige maatskappy vertrou wat beweer dat hulle dit kan doen nie.
TERUGBEL
Please complete the below form to be connected with one of our WhatsApp agents.